Soos ek reeds genoem het, die rede hoekom
swart mense nie wyn drink is nie omdat niemand dit in die townships versprei
nie. Ek kan ook die voorbeeld gebruik met draai roomyse, die rede hoekom swart
mense nie draai roomyse eet nie is omdat niemand nog die infrastruktuur
daarvoor opgestel het nie. Die Makro ekonomie is goed ontwikkel rondom
townships, maar nie die mikro ekonomie nie soos depots, distribusie betaal
sisteme ens nie.
Logistiek en verspreiding is die grootste uitdaging wat ‘n bemarker sal tee
kom in die townships. Die aanvraag na die meeste produkte is werklik groot,
maar om dit daar te kry en ‘n diens te lewer is een van die grootste die
grootste uitdagings.
Soos townships ontstaan en gegroei het so het die aanvraag na dienste en
produkte onstaan. Tydens Apartheid was dit vir ‘n township entrepreneur baie
moeilik om ‘n besigheid oop te maak weens apartheid wetgewing en regulasies as
ook die korrupsie van amptenare, beide swart en wit in die townhips. Wit
besigheid in die voorstede en dorpe het ook nie baie daarvan gehou as swart
mense besighede oopgemaak het in townships nie want dit het ‘n verlies van
besigheid aan hul kant beteken en het dit met moeilik gemaak vir swartmense wat
op groot skaal produkte te wil aankoop.
Ander blankes het weer die gapings wettig en onwettig gesien en die gapings
begin vat. Party blanke entrepreneurs het winkels naby townships oopgemaak en
later self groot handelsbesighede begin.
Drank was in groot aanvraag in die townships. Blankes was van die eerste
bootleggers wat besigheid met swart vennote in die township begin doen het. ‘n
Swart man moes tot feitlik in die laat tagtigs van die vorige eeu ‘n permit kry
om drank aan te koop. Swart entrepreneurs het vir hul ‘wit agente’ gekry wat
vir hul drank aangekoop het en townships toe gebring het.
Die destydse premier van Blank Suid – Afrika, BJ Vorster wou hierdie vorm
van besigheid stop en daarom is munisipale biersale in die townships oopgemaak
waar die swart mense kon bier drink. Dit was een van die grootste redes hoekom
swartes altyd tydens die apartheid onluste die biersale geteiken en afgebrand
het. Verwoerd het al in die sestigs swart mense verbied om wyn te drink.
Die grootste rede hoekom daar nie van draairoomys tot wyn in die townships
te koop is nie gaan oor verspreidings uitdagings en nie omdat daar nie ‘n
aanvraag vir produkte en dienste is nie.
Meeste produkte is doodeenvoudig nie beskikbaar nie omdat dit ‘n logistieke
probleem is om dit in die townships in te kry. So geld dit vir ander produkte
ook van toiletpapier tot koffie. Veral in die somermaande staan daar lang rye
by ‘n paar winkels in townships. As jy nader gaan sal jy sien hul staan tou vir
draai roomys. Die paar mense wat wel masjiene het maak ‘n fortuin daaruit, maar
hul kry die bestanddele dit met baie
moeite in Soweto.
Daar is baie spaza winkels in townships.[1]
Die Spaza winkels en ander outlets soos drankwinkels, haarsalonne kry gewoonlik
met baie moeite die produkte in die hande. Gewoonlik moet hul dit self gaan
aankoop by depots of groothandel winkel soos Makro of hul moet ‘n runner [2]
huur om die aankope te gaan doen. Die verspreiding wat wel bestaan is die
tradisionele bootleggers wat vanaf hul eie depot of iemand anders se depot
begin versprei het. Die bootlegger het ‘n markup op sy produkte gevra as ook
fooi van die waarheen hy versprei het. Dit is die rede hoekom produkte so duur
in die townships en mense bereid is om daarvoor te betaal, nie dat hul wil nie,
maar het soms net nie ‘n keuse nie.
Tans bestaan daar verskeie vorme van distribusie in die townships, wat
meestal onvoldoende is.
Tradisionele distribusie – Een van die grootste aanvrae van
ondernemings in townships is maatskappye wat by hul kan kom aflewer. Dit is
koste effektief om by grootgroepe soos Checkers of Spar af te laai, maar raak
duurder as daar by twintig of meer plekkies met kleiner bestellings afgelaai
moet word.
Maatskappy soos SAB en Distell of hul distribusie maatskappye gaan laai by
groter taverns of township supermarkte af. Verteenwoordgers van maatskappy gaan
om by hierdie plekke en neem bestellings en help met branding en ander vorme
van bemarking. Hierdie vorm van distribusie vind net op die hoof roetes of sy
paadjies van die hoofroete af sodat die bestuurder weer maklik op die hoofroete
kan kom.
Kruideniersware en drank se distribusie verskil so klein bietjie van
mekaar.
Kruideniersware word afgelaai by groter privaat township supermarket. Van
die Supermarkte het so tien Spazawinkels aan wie hul weer lewer met hul eie verspreiding bakkies en gaan laai dan verder
en dieper in die townships af.
Drank word gewoonlik afgelewer by die groter taverns en drank winkels.
Daarvandaan sal kleiner taverns en shebeen eienaars weer by hul kom aankoop.
Die ander alternatief is as jy klein onderneming is om aan ‘n stokvel te
behoort. Tot vyftig klein drank shebeens of taverns sal geld ingooi en ‘n bulk
bestelling plaas wat by een van hul wat gelisensieerd is kom aflaai en
daarvandaan sal hul dit per bakkie, motor, winkeltrollie en kruiwa na hul eie
plekke toe neem.
Die grootste negatief van die opsie is dat eienaars voel dat die
verteenwoordigers onbetroubaar is rakende die neem van bestellings en aflewer
datums en nie hul besighede ernstig op neem nie en daarom word daar gereeld
verkeerde bestellings afgelewer en soms op verkeerde tye. Verder voel eienaars
dat reps hul nie altyd kan help met advies oor spesialiteitsprodukte soos bv
wyn nie
Informele opsie – ‘n paar besighede sal hul geld en
bestelling vir ‘n runner gee en hy sal dan na SAB se depot of ‘n ander
groothandelaar se depot ry soos Makro, Trade centre ens en dit gaan afhaal. Die
runners sal of ‘n vatse bedrag vir die rit vra of hy sal ‘n goeie mark up vra
per eenheid van ‘n produk. Dit is een van die grootste redes hoekom produkte so
duur is in die townships.
Of eienaars sal self na die wholesale maatskappy gaan vir hul aankope. Soms
ook omdat die verspreiders die bestellings verkeerd het of nie afgelewer het
nie. Eienaars voel dat die groothandel maatskappye teen hul werk. Eienaars word
soms beperk met die hoeveelheid produkte wat hul kan neem, sukkel om verdere
afslag te kry en wat veral die eienaars van drankplekke frustreer is dat soms
hul lisensies aangevra word.
Hierdie frustrasie met groot handelaars kan veral gesien word in die onreëlmatige
voorkoms van produkte in spazzas en taverns. Die probleem by wyn is dat hul
soms net die specails op wyn kan bekostig en dan is daar elke naweek ‘n ander
wyn in die afsetplekke en handelsmerk lojaliteit kan nie juis ontwikkel word
nie. Verder kla eienaars dat groothandel hul nie help met promosie of
bemarkingsmateriaal nie
Bootleggar opsie – Die bootleggars is briljant in hul
onwettige verspreiding van drank in die townships en hul het hul stelsel
volmaak in die apartheidsjare. Hul kry drank onwettig of ander produkte wat van
‘n vragmotor afgeval het en versprei dit verder in die townships.
Spesialiteitsverspreiding – produkte soos kwaliteit koffie,
sjokolade, wyn, whiskey, olyfolie, ens is redelik moeilik om te bekom in die
townships. Veral op Vrydae middae sal vrouens wat oppad is huis toe by ‘n
Woolworths of ander retail winkel ingaan om dit aan te koop vir ‘n spaza of
tavern of self om dit verder privaat te gaan verkoop. In retail kry jy ook ‘n
groter verskeidenheid van produkte waaruit gekies kan word en kan ook makliker
in fokus op ‘n gunsteling handelsmerk.
In die apartheidjare is feitlik geen kommersiële dienste verskaf in die
townships nie en baie maatskappy verstaan nie dat daar dood eenvoudig nie
logistiek is nie. Tot vandag toe is ondernemings se grootste vrese is geweld en
misdaad in die townships. Niemand wil met kontant werk nie want hul is bang
gekaap te word.
Logistieke verspreiding in die townships het die volgende uitdagings:
- Ritme
van die townships
- Lokaliteit
- Fisiese Distribusie
- Betalingsisteme
- Ritme
van die townships
Die ritme van die townships is iets wat tradisionele maatskappy nie
verstaan nie of soms hardnekkig nie by wil aanpas nie. Baie verspreiders dink
dat die besighede hul produk nodig het en sal wag daarvoor. As jou produk nie
op die regte tyd gelewer kan word nie dan kry hy sy produkte by wie hy kan of
hy gaan koop jou produk by wholesale en jy mis die kans om ‘n goeie verhouding
op te bou en uitstekende promosie geleenthede.
Gedurende ‘n werksweek is dit baie rustig in die townships en ekonomiese
aktiwiteite is nie so hewig soos oor naweke nie. Oor naweke is almal terug by
hul huise en dan moet van kos aangekoop
word vir die week tot hare wat gedoen moet word vir ‘n troue of een of ander
funksie.
Eienaars verkies om Maandag te recon, Dinsdag te bestel, Woensdag te betaal
indien dit moontlik is, donderdag afgelaai word sodat hy Vrydag weet hy het al
sy produkte.
Die gemiddelde township besighede wil Maandag hul recon doen om te sien
hoeveel van watter produkte hul gekoop het, hoeveel geld hul gemaak het en wat
om vir die komende naweek te koop. Die eienaars ken hul maandelikse siklusse
baie goed en weet meestal wat hul wanneer moet bestel. Meeste eienaars het een
van hierdie klein swart boekies met ‘n produk per bladsy en so sien hy wat in
en uit is.
Meestal wil hul bestellings teen Dinsdag of Woensdag op die laaste begin
plaas sodat hul weet hul gaan dit betyds vir die naweek kry of anders moet hul
dringend ‘n alternatiewe plan maak.
Woensdag wil hul hul begroting vir die naweek reg he en dit vooruit gaan betaal
waar dit moontlik is om dit te doen. Vooruitbetaling kan ‘n groot struikelblok
wees omdat daar so min punte (banke en ATMS) is om in te gaan betaal.
Eienaars verkies dat hul produkte al op ‘n Donderdag afgelaai word, maar
Vrydag op die laaste. Dit is goeie ding om eienaars te laat weet dat hul
aflewering laat gaan wees of nie gaan plaasvind nie sodat hul alternatiewe rëelings
kan tref. Eienaars sal jou nog vergewe as jul betyds laat weet die aflewering
gaan laat wees of nie plaasvind nie as om glad nie te laat weet nie. Eienaars
kan kliente verloor aan ‘n sy naaste kompetisie
indien hy nie die produk het nie en sy kompetisie het wel die produk met
die gevolg dat dit ‘n lang tydtjie gaan neem voor sy kliënt terug keer na hom
toe.
Eienaars het besige lewe met straat, stokvel en ander vergaderings – so hy
hul wil weet dat jy dit op die dag kom aflaai sodat hy by die huis kan wees of
as dit in bulk by sy stokvel afgelaai word, hy daar moet wees. Indien jou COD
afwering laat is kan die eienaar die geld op iets anders uitgee, gewoonlik ‘n
specail wat die oposisie aandbied en weier om jou bestelling te vat.
Die ander gevolg van ‘n laat aflewering is dat die eienaar nie daar is nie,
of hy het gaan kuier, vergadering bywoon of is wholsale toe om sy voorraad aan
te vul.
No comments:
Post a Comment