Friday, September 20, 2013

Verspreiding Uitdagings

Soos ek reeds genoem het, die rede hoekom swart mense nie wyn drink is nie omdat niemand dit in die townships versprei nie. Ek kan ook die voorbeeld gebruik met draai roomyse, die rede hoekom swart mense nie draai roomyse eet nie is omdat niemand nog die infrastruktuur daarvoor opgestel het nie. Die Makro ekonomie is goed ontwikkel rondom townships, maar nie die mikro ekonomie nie soos depots, distribusie betaal sisteme ens nie.

Logistiek en verspreiding is die grootste uitdaging wat ‘n bemarker sal tee kom in die townships. Die aanvraag na die meeste produkte is werklik groot, maar om dit daar te kry en ‘n diens te lewer is een van die grootste die grootste uitdagings.  

Soos townships ontstaan en gegroei het so het die aanvraag na dienste en produkte onstaan. Tydens Apartheid was dit vir ‘n township entrepreneur baie moeilik om ‘n besigheid oop te maak weens apartheid wetgewing en regulasies as ook die korrupsie van amptenare, beide swart en wit in die townhips. Wit besigheid in die voorstede en dorpe het ook nie baie daarvan gehou as swart mense besighede oopgemaak het in townships nie want dit het ‘n verlies van besigheid aan hul kant beteken en het dit met moeilik gemaak vir swartmense wat op groot skaal produkte te wil aankoop.
Ander blankes het weer die gapings wettig en onwettig gesien en die gapings begin vat. Party blanke entrepreneurs het winkels naby townships oopgemaak en later self groot handelsbesighede begin.
Drank was in groot aanvraag in die townships. Blankes was van die eerste bootleggers wat besigheid met swart vennote in die township begin doen het. ‘n Swart man moes tot feitlik in die laat tagtigs van die vorige eeu ‘n permit kry om drank aan te koop. Swart entrepreneurs het vir hul ‘wit agente’ gekry wat vir hul drank aangekoop het en townships toe gebring het.
Die destydse premier van Blank Suid – Afrika, BJ Vorster wou hierdie vorm van besigheid stop en daarom is munisipale biersale in die townships oopgemaak waar die swart mense kon bier drink. Dit was een van die grootste redes hoekom swartes altyd tydens die apartheid onluste die biersale geteiken en afgebrand het. Verwoerd het al in die sestigs swart mense verbied om wyn te drink.

Die grootste rede hoekom daar nie van draairoomys tot wyn in die townships te koop is nie gaan oor verspreidings uitdagings en nie omdat daar nie ‘n aanvraag vir produkte en dienste is nie.
Meeste produkte is doodeenvoudig nie beskikbaar nie omdat dit ‘n logistieke probleem is om dit in die townships in te kry. So geld dit vir ander produkte ook van toiletpapier tot koffie. Veral in die somermaande staan daar lang rye by ‘n paar winkels in townships. As jy nader gaan sal jy sien hul staan tou vir draai roomys. Die paar mense wat wel masjiene het maak ‘n fortuin daaruit, maar hul  kry die bestanddele dit met baie moeite in Soweto.

Daar is baie spaza winkels in townships.[1] Die Spaza winkels en ander outlets soos drankwinkels, haarsalonne kry gewoonlik met baie moeite die produkte in die hande. Gewoonlik moet hul dit self gaan aankoop by depots of groothandel winkel soos Makro of hul moet ‘n runner [2] huur om die aankope te gaan doen. Die verspreiding wat wel bestaan is die tradisionele bootleggers wat vanaf hul eie depot of iemand anders se depot begin versprei het. Die bootlegger het ‘n markup op sy produkte gevra as ook fooi van die waarheen hy versprei het. Dit is die rede hoekom produkte so duur in die townships en mense bereid is om daarvoor te betaal, nie dat hul wil nie, maar het soms net nie ‘n keuse nie.

Tans bestaan daar verskeie vorme van distribusie in die townships, wat meestal onvoldoende is.
Tradisionele distribusie – Een van die grootste aanvrae van ondernemings in townships is maatskappye wat by hul kan kom aflewer. Dit is koste effektief om by grootgroepe soos Checkers of Spar af te laai, maar raak duurder as daar by twintig of meer plekkies met kleiner bestellings afgelaai moet word.
Maatskappy soos SAB en Distell of hul distribusie maatskappye gaan laai by groter taverns of township supermarkte af. Verteenwoordgers van maatskappy gaan om by hierdie plekke en neem bestellings en help met branding en ander vorme van bemarking. Hierdie vorm van distribusie vind net op die hoof roetes of sy paadjies van die hoofroete af sodat die bestuurder weer maklik op die hoofroete kan kom.
Kruideniersware en drank se distribusie verskil so klein bietjie van mekaar.
Kruideniersware word afgelaai by groter privaat township supermarket. Van die Supermarkte het so tien Spazawinkels aan wie hul weer lewer met hul eie  verspreiding bakkies en gaan laai dan verder en dieper in die townships af.
Drank word gewoonlik afgelewer by die groter taverns en drank winkels. Daarvandaan sal kleiner taverns en shebeen eienaars weer by hul kom aankoop. Die ander alternatief is as jy klein onderneming is om aan ‘n stokvel te behoort. Tot vyftig klein drank shebeens of taverns sal geld ingooi en ‘n bulk bestelling plaas wat by een van hul wat gelisensieerd is kom aflaai en daarvandaan sal hul dit per bakkie, motor, winkeltrollie en kruiwa na hul eie plekke toe neem.
Die grootste negatief van die opsie is dat eienaars voel dat die verteenwoordigers onbetroubaar is rakende die neem van bestellings en aflewer datums en nie hul besighede ernstig op neem nie en daarom word daar gereeld verkeerde bestellings afgelewer en soms op verkeerde tye. Verder voel eienaars dat reps hul nie altyd kan help met advies oor spesialiteitsprodukte soos bv wyn nie
Informele opsie – ‘n paar besighede sal hul geld en bestelling vir ‘n runner gee en hy sal dan na SAB se depot of ‘n ander groothandelaar se depot ry soos Makro, Trade centre ens en dit gaan afhaal. Die runners sal of ‘n vatse bedrag vir die rit vra of hy sal ‘n goeie mark up vra per eenheid van ‘n produk. Dit is een van die grootste redes hoekom produkte so duur is in die townships.
Of eienaars sal self na die wholesale maatskappy gaan vir hul aankope. Soms ook omdat die verspreiders die bestellings verkeerd het of nie afgelewer het nie. Eienaars voel dat die groothandel maatskappye teen hul werk. Eienaars word soms beperk met die hoeveelheid produkte wat hul kan neem, sukkel om verdere afslag te kry en wat veral die eienaars van drankplekke frustreer is dat soms hul lisensies aangevra word.
Hierdie frustrasie met groot handelaars kan veral gesien word in die onreëlmatige voorkoms van produkte in spazzas en taverns. Die probleem by wyn is dat hul soms net die specails op wyn kan bekostig en dan is daar elke naweek ‘n ander wyn in die afsetplekke en handelsmerk lojaliteit kan nie juis ontwikkel word nie. Verder kla eienaars dat groothandel hul nie help met promosie of bemarkingsmateriaal nie
Bootleggar opsie – Die bootleggars is briljant in hul onwettige verspreiding van drank in die townships en hul het hul stelsel volmaak in die apartheidsjare. Hul kry drank onwettig of ander produkte wat van ‘n vragmotor afgeval het en versprei dit verder in die townships.
Spesialiteitsverspreiding – produkte soos kwaliteit koffie, sjokolade, wyn, whiskey, olyfolie, ens is redelik moeilik om te bekom in die townships. Veral op Vrydae middae sal vrouens wat oppad is huis toe by ‘n Woolworths of ander retail winkel ingaan om dit aan te koop vir ‘n spaza of tavern of self om dit verder privaat te gaan verkoop. In retail kry jy ook ‘n groter verskeidenheid van produkte waaruit gekies kan word en kan ook makliker in fokus op ‘n gunsteling handelsmerk.

In die apartheidjare is feitlik geen kommersiële dienste verskaf in die townships nie en baie maatskappy verstaan nie dat daar dood eenvoudig nie logistiek is nie. Tot vandag toe is ondernemings se grootste vrese is geweld en misdaad in die townships. Niemand wil met kontant werk nie want hul is bang gekaap te word.

Logistieke verspreiding in die townships het die volgende uitdagings:
  1. Ritme van die townships
  2. Lokaliteit
  3. Fisiese Distribusie
  4. Betalingsisteme

  1. Ritme van die townships

Die ritme van die townships is iets wat tradisionele maatskappy nie verstaan nie of soms hardnekkig nie by wil aanpas nie. Baie verspreiders dink dat die besighede hul produk nodig het en sal wag daarvoor. As jou produk nie op die regte tyd gelewer kan word nie dan kry hy sy produkte by wie hy kan of hy gaan koop jou produk by wholesale en jy mis die kans om ‘n goeie verhouding op te bou en uitstekende promosie geleenthede.
Gedurende ‘n werksweek is dit baie rustig in die townships en ekonomiese aktiwiteite is nie so hewig soos oor naweke nie. Oor naweke is almal terug by hul  huise en dan moet van kos aangekoop word vir die week tot hare wat gedoen moet word vir ‘n troue of een of ander funksie.
Eienaars verkies om Maandag te recon, Dinsdag te bestel, Woensdag te betaal indien dit moontlik is, donderdag afgelaai word sodat hy Vrydag weet hy het al sy produkte.
Die gemiddelde township besighede wil Maandag hul recon doen om te sien hoeveel van watter produkte hul gekoop het, hoeveel geld hul gemaak het en wat om vir die komende naweek te koop. Die eienaars ken hul maandelikse siklusse baie goed en weet meestal wat hul wanneer moet bestel. Meeste eienaars het een van hierdie klein swart boekies met ‘n produk per bladsy en so sien hy wat in en uit is.
Meestal wil hul bestellings teen Dinsdag of Woensdag op die laaste begin plaas sodat hul weet hul gaan dit betyds vir die naweek kry of anders moet hul dringend ‘n alternatiewe plan  maak.
Woensdag wil hul hul begroting vir die naweek reg he en dit vooruit gaan betaal waar dit moontlik is om dit te doen. Vooruitbetaling kan ‘n groot struikelblok wees omdat daar so min punte (banke en ATMS) is om in te gaan betaal.
Eienaars verkies dat hul produkte al op ‘n Donderdag afgelaai word, maar Vrydag op die laaste. Dit is goeie ding om eienaars te laat weet dat hul aflewering laat gaan wees of nie gaan plaasvind nie sodat hul alternatiewe rëelings kan tref. Eienaars sal jou nog vergewe as jul betyds laat weet die aflewering gaan laat wees of nie plaasvind nie as om glad nie te laat weet nie. Eienaars kan kliente verloor aan ‘n sy naaste kompetisie  indien hy nie die produk het nie en sy kompetisie het wel die produk met die gevolg dat dit ‘n lang tydtjie gaan neem voor sy kliënt terug keer na hom toe.
Eienaars het besige lewe met straat, stokvel en ander vergaderings – so hy hul wil weet dat jy dit op die dag kom aflaai sodat hy by die huis kan wees of as dit in bulk by sy stokvel afgelaai word, hy daar moet wees. Indien jou COD afwering laat is kan die eienaar die geld op iets anders uitgee, gewoonlik ‘n specail wat die oposisie aandbied en weier om jou bestelling te vat.
Die ander gevolg van ‘n laat aflewering is dat die eienaar nie daar is nie, of hy het gaan kuier, vergadering bywoon of is wholsale toe om sy voorraad aan te vul.



[1] Spaza winkel is klein winkeltjei wat basies kruideniersware verkoop en is gewoonlik deel van ‘n huis of ‘n garage.
[2] “n runner is ‘n term vir klein skaalse verspreider wat namens ‘n par winkeltjies die produkte gaan aankoop en dan by hul kom aflaai.

Friday, September 6, 2013

Trust the producer

South African wine producers are looking for new ways to get their products into the emerging markets of South Africa. These wine producers are at the same time looking to empower individuals in the process, not in a patronising manner, but to create sustainable businesses in line with their social investment policies that will benefit both the producer, the distributor and the consumer.
Since 2004 Eion du Toit was conducting ethnographic market research on behalf of various FMCG and wine companies. In a joint project for the South African Wine Board researching the feasibility of wine in South Africa’s townships, Eion du Toit realised there is huge potential for wine products. 
Establishment owners in the townships of South Africa are looking for opportunities to form relationships based on trust and respect with wine producers in order to distribute quality wine brands and wine products in their local markets. The establishment owners are frustrated with empty promises of wine producers and are looking for joint ventures with wine producers. The main difference is the service (human interaction) that is received from these producers.

Soweto in a nutshell

South Africa’s black urban areas are still the biggest untapped market in with most of the black buying power still largely located within townships. Just as Paris, London and New York the trendsetters in the west are, so are Lagos, Cairo and Soweto the trendsetters in Africa. Your focus should be first on Soweto and if the product or the brand gets traction then you can move to other townships. As the saying goes – if you can make it in New York, you can make it anywhere, so is the truth about establishing a product in Soweto. Soweto is more than a township, it’s already more than a suburb as well, it is a city on its own. Up to 4.5 m people are residing in Soweto, that’s 10% of South Africa’s population – there is more people living in Soweto that there is white people in Soweto or people living in Soweto than New Zeeland or Ireland or closer to home than in Botswana or Namibia or. It is small country on its own with its own way of doing things. Sowetans are spending up to R10.5 Billion annually outside Soweto. Various organisations estimate that there is up to R18Billion unbanked money in Soweto due to the lack of banks.
Soweto love new products and it does not mean you can used it as a dumping ground for your brands or products because they are sophisticated, critical, sassy and are not easily fooled. When township people are taking up international products people are very patronising by saying that they are Westernizing – not so – they take the product or brand and adopt it by their way of living and calling the process ‘they are Sowetonising the product’ and through this action they influence black consumer patterns en shapes black urban lifestyles.